Show your support for a cancer survivor

Wees Luidrugtig in Kleur en Gee Hoop!

English Media Release

3 Desember 2017 – “Dit is tyd om Luidrugtig te raak in Kleur om so Hoop te gee deur planne te maak vir KANSA Shavathon 2018,” sê KANSA.

KANSA se jaarlikse Shavathon het die kleinood geword van Suid-Afrikaanse fondsinsameling-veldtogte ter ondersteuning van ‘n waardige saak. In 2018 sal Shavathon vir die 15de agtereenvolgende jaar in winkelsentrums regoor die land aangebied word op 24 & 25 Februarie en by werksplekke van 26 Februarie tot 2 Maart. Nie net het die skeer en sproei van hare ‘n simboliese betekenis geword ter ondersteuning van kankerpasiënte en kankeroorwinnaars nie, maar dit verminder ook die spanning van mense wat hulle hare verloor het tydens die behandeling van kanker.

Terwyl kanker gewoonlik nie self verantwoordelik is vir haarverlies nie, veroorsaak chemoterapie en sekere bestraling haarverlies hoofsaaklik op die kop van kankerpasiënte. Maar met Shavathon doen KANSA ‘n beroep op mense om tot aksie oor te gaan en om “Luidrugtig te Raak in Kleur om Hoop te bied”. Deelnemers kan hulle hare skeer, sproei of doodeenvoudig geld skenk deur ‘n borgtog-fooi aanlyn te betaal. Solidariteit vir kankerpasiënte en kankeroorwinnaars kan getoon word deur volwassenes wat R50 en kinders jonger as 12 wat R25 betaal om hul hare te laat skeer of sproei.

As deel van die 2018 veldtog kan mense wat hul hare skeer of laat sproei het ook een van ‘n beperkte hoeveelheid Shavathon spelde ter herdenking vir R5 koop, om hul vir altyd te herinner aan hul ondersteuning van ‘n waardige saak. ‘n Aanspeld kenteken, wat spesiaal ontwerp is en waarvan slegs ‘n beperkte hoeveelheid beskikbaar is, word gratis gegee aan diegene wat poniesterte met hare van 25cm in lengte of langer aan KANSA skenk.

Verskuil agter Shavathon se kleurvolle en luidrugtige skouspel lê die wrede realiteit van hierdie verskriklike siekte. ‘n Onlangse studie wat gepubliseer is deur ‘n mediese joernaal, Lancet, voorspel dat Suid-Afrika ‘n toename van 78% van kankergevalle teen 2030 kan verwag. *₁ (Health24, 30 Maart 2017)

Maria Scholtz, KANSA se Hoof van Volhoubaarheid sê: “As jou werksplek, skool of organisasie ‘n Shavathon wil reël en aanbied, registreer asseblief by ons op shavathon.org.za. Kanker raak elke mens op die een of ander manier en die betrokkenheid met die insameling van fondse bied aan deelnemers die geleentheid om te help om ‘n verskil te maak. Jy kan ons help om voort te gaan om programme oor sorg en ondersteuning aan kankerpasiënte en hul geliefdes te voorsien sowel as om ondersteuningsgroepe te stig en by te staan. Hoewel dit vir baie van ons nog nie nodig was om aan te pas by ‘n persoonlike diagnose van kanker in ons lewe nie, beteken dit nie dat ons nooit persoonlik geraak sal word deur die verwoesting wat kanker saai nie.”

Scholtz voeg by: “ KANSA verskaf ook opvoedkundige materiaal wat inligting bied oor hoe om die risiko van kanker te verminder en help om toegang te bied tot die vroeë opsporing van kanker. Ons KANSA SorgSentrums bied ‘n wye verskeidenheid van ondersteuning aan kankerpasiënte, hulle gesinne en geliefdes en aan almal wat meer oor die siekte wil weet.”

Meer Oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk.

Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom.

Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte plus een hospitium in Polokwane, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

Vir meer inligting besoek www.shavathon.org.za of kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of of stuur ‘n epos na info@cansa.org.za – volg KANSA op Twitter, Facebook, en Instagram. KANSA bied veeltalige ondersteuning aan op  Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir Xhosa, Zulu, Sotho and Siswati.


Do you have a question?