Show your support for a cancer survivor

Skeer, Sproei en Skenk vir KANSA Shavathon 2016

English Press Release

3 Februarie 2016 – Dit is weer daardie tyd van die jaar – KANSA doen ‘n beroep op jou om kankeroorwinnaars te ondersteun en om jou solidariteit aan hulle te bewys. Die jaarlikse KANSA Shavathon is om die draai en KANSA wil jou aanmoedig om braaf te wees en te wys jy gee om – skeer of sproei jou hare of maak ‘n donasie vir ‘n goeie saak.

CANSA Shavathon 2016 Social Media - AFR

Publieke Shavathons

Die KANSA Shavathon vind plaas by geselekteerde winkelsentrums regoor die land op 27 en 28 Februarie 2016 en by werksplekke gedurende die week van 29 Februarie tot 4 Maart 2016. Deelnemers betaal ‘n donasie van R50 om deel te wees aan die pret. Kinders onder 12 jaar betaal slegs R25 as ‘n donasie. Klik hier om te sien waar jou naaste Shavthon aangebied word.

Werksplekke

Werksplekke en maatskappye kan ook betrokke raak en self die gasheer van ‘n Shavathon by die werksplek wees. Dit bied aan die werkgewer en werknemers die geleentheid om te wys hoe kanker hulle lewens geraak het en kollegas kan bemoedig word want van hulle is dalk reeds met kanker gediagnoseer of ander kan in remissie wees. Registreer jou Shavathon hier aanlyn…

‘n Bietjie inspirasie

Sommige Shavathon deelnemers is meer as gretig om hul ondervindinge te deel (soos vervat op KANSA se Shavathon  webwerf):

Agatha sê: “Baie van my familielede en vriende is deur kanker geraak. Twee van hulle het elk die stryd teen borskanker oorwin, maar my pa het nog steeds velkanker. Ek weet en glo dat KANSA Shavathon ‘n verdienstelike en waardige saak is. Ek skenk amper 50 cm van my hare wat gebruik sal word om ‘n pruik te maak. ”

Eunice sê: “Ek glo dat dit belangrik is om aan enigeen wat met kanker gediagnoseer is, te wys dat hulle nie alleen is nie. Hulle moet weet dat ons dalk nie presies verstaan hoe hulle voel nie, maar hulle moet weet dat ons daar is wanneer hulle ons nodig het – al is dit net iemand om mee te praat of ‘n skouer om op te huil. Hulle moet gereeld daaraan herinner word dat ons daar is vir hulle – al gebeur wat ook al.”

Lees meer inspirerende stories oor hoekom mense aan Shavathon deelneem…

Fondse wat ingesamel word by Shavathon geleenthede help KANSA om voort te gaan met sorg- en ondersteuningsprogramme aan almal wat deur kanker geraak word. KANSA help om opvoedkundige materiaal te verskaf wat inligting bevat oor hoe om ‘n persoon se risiko vir kanker te verminder en KANSA bied aan mense die geleentheid om siftingstoetse vir die vroeë opsporing van kanker te ondergaan. KANSA het meer as 30 KANSA Sorgsentra, wat ondersteuning op verskeie maniere aan kankerpasiënte en hulle gesinne bied. KANSA ondersteun almal wat deur kanker geraak word.

Aanlyn fondsinsameling

Ondersteuners van Shavathon kan ook fondse aanlyn insamel. Skep ‘n aanlyn Fondsinsamelingsprojek waarop individue en maatskappye hul kontakte in die sakewêreld en hul sosiale kontakte kan aanmoedig om Shavathon te ondersteun deur aanlyn donasies te maak. Die donasie word ‘n skakel wat op al die relevante sosiale mediaplatforms gedeel word. Groot pryse kan gewen word. Teken vandag aan vir aanlyn-fondsinsameling…

  • South African Blood Service
  • WAHL Hair
  • newsclip
  • Courier IT
  • Limegreen
  • SABC
  • Primedia
  • 702
  • Cape Talk
  • Kfm
  • Good Hope FM
  • Radio Today
  • Mr Price Radio
  • 947
  • RSG FM
  • SAfm
  • 5FM
  • Lotus FM
  • Metro FM
  • Radio 2000