Persvrystelling: Sluit aan by SA Kampioene – Sluit aan Shavathon 2012

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) nooi alle Suid-Afrikaners om deel te neem aan die viering van hulle 9de jaarlikse Shavathon. “Jy kan almal wat ooit deur kanker geraak is, help deur vandag nog te registreer en alles te bestel wat jy sal nodig kry om jou eie werksplek Shavathon op 1 of 2 Maart 2012 te hou, of om deel te neem aan publieke Shavathons op 3 en 4 Maart,” sê Rachel Wall, KANSA se Hoof Besigheidsontwikkelingsbeampte. Verlede jaar het 250 winkelsentrums en 220 werksplekke bygedra om R7.1 miljoen vir KANSA se ondersteuningsdienste in te samel.

Read English media release here…

Vanjaar het die internasionaal bekroonde musiekgroep, Freshlyground, hulle ondersteuning aan KANSA toegesê deur KANSA die regte toe te staan om hulle musiek in radio en TV advertensies te gebruik om KANSA Shavathon te bemark. ‘n Artikel in Time Magazine beskryf hulle as verteenwoordigend van die Reënboog nasie – “wat nie net ras en geslag meng nie, maar ook nasionaliteit, musiekstyl, taal, ouderdom en selfs lengte..”

“Dis ‘n voorreg om deel te wees van iets groter as jyself en om te help om ‘n verskil te maak in die lewens van mense wat kanker in die gesig staar,” sê Freshlyground se voorsanger Zolani Mahola. Met die groep se verbintenis met Shakira se ‘Waka Waka‘ wat meer as een miljoen kopieë verkoop het en eerste op die treffersparade was in 19 lande wêreldwyd, is KANSA oortuig dat hulle boodskap vir kankeroorwinnaars landswyd gehoor sal word.

Maatskappye en individue kan Kampioene vir KANSA word deur op ons webwerf te registreer en fondse in te samel. Word deel van KANSA se aanlyn gemeenskap, kliek die ‘Like’ knoppie op ons Facebook blad of volg ons op Twitter by @Shavathon en versprei ons boodskap wyd en ver. Besoek www.shavathon.org.za om in te teken en ‘n veilige aanlyn-skenking te maak.

Wys dat jy kankeroorwinnaars ondersteuning deur jou hare te laat skeer of in ‘n verskeidenheid van kleure te laat spuitverf vir ‘n R50 skenking (R25 vir kinders onder 12). Kleursproei jou hare in patrone van ‘n ster, skoenlapper, blom, sokkerbal, weerligstraal of ‘warrior’ keuse en maak ‘n verskil.

Kliek hier om die radio of TV advertensies te hoor.

Besoek die FAQ bladsy  of skakel 0800 22 66 22 tolvry vir meer inligting oor hoe om deel te neem.

KANSA Shavathon Vennote

SABC 2 – CSI media vennoot, Wahl Clipper, Warehouse & Courier IT  Academy Brushware, Newsclip Media Monitering en Limegreen Online Design.

Omtrent KANSA en die KANSA Shavathon

  • Dis die 9de nasionale KANSA Shavathon wat onafhanklik deur KANSA personeel en vrywilligers bestuur word. Om jou hare te verloor is ‘n algemene newe-effek van kankerterapie – daarom is die skeer van hare ‘n simboliese gebaar van ondersteuning aan kankeroorwinnaars. Om jou hare te kleurspuit is ‘n alternatiewe opsie vir diegene wat nie hulle hare wil laat skeer nie. KANSA Shavathon word by meer as 300 werksplekke en organisasies op 1 en 2 Maart gehou, en by meer as 200 winkelsentra op 3 en 4 Maart 2012.
  • KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en aan almal wat deur kanker geraak word. As voorste rolspeler in kankernavorsing (meer as R6 miljoen word jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindings en kennis deur ons navorsing ingewin aangewend om ons gesondheidsprogramme te rig en ons waghondfunksie te versterk.
  • Ons verreikende gesondheidsprogramme sluit voorkomings- en bewusmakingsveldtogte in. KANSA Sorgsentrums sluit stoma en limfedeem klinieke in, mediese toerustinghuur, tolvry lyn en ondersteuning aan kinders en hulle gesinne wat deur kanker geraak word. Pasiëntsorg en – ondersteuning word by wyse van die 13 KANSA Sorgtuistes in die groot metropolitaanse gebiede en ‘n hospitium (in Polokwane) vir plattelandse pasiënte aangebied, asook KANSA se TLC Lodge vir verblyf vir die ouers van pediatriese onkologie-pasiënte.

(Vir media inligting skakel asseblief Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA of e-pos: lbalona@cansa.org.za, skakel 011 616 7662 of selfoon: 082 459 5230. Of besoek www.cansa.org.za of skakel KANSA tolvry op 0800 22 66 22, of e-pos: info@cansa.org.za)


  • WAHL Hair
  • newsclip
  • Courier IT
  • Limegreen
  • SABC
  • Primedia
  • 702
  • Cape Talk
  • Kfm
  • Good Hope FM
  • Radio Today
  • Mr Price Radio
  • 947
  • RSG FM
  • SAfm
  • 5FM
  • Lotus FM
  • Metro FM
  • Radio 2000