Show your support for a cancer survivor

KANSA Shavathon koors loop hoog in Suid-Afrika

Read English Press Release

24 Februarie 2014 – Met minder as ‘n week oor om te wag, loop die KANSA Shavathon koors loop hoog in Suid-Afrika.

Oor minder as ‘n week gaan KANSA se jaarlikse Shavathon vir die elfde jaar by winkelsentrums regoor Suid-Afrika aangebied word! Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) vra een en almal in ons land om almal wat hulle ken, te oortuig om op Saterdag 1 Maart na hul naaste winkelsentrum te gaan om hulle hare te laat sproei, skeer of om ‘n “wrap” te koop om so solidariteit te betoon aan mense wat deur kanker geraak is.

KANSA Shavathon is a fondsinsameling inisiatief wat diep in die harte van ons land en sy mense gekruip het, met talle mense van verskillende ouderdomme, rasse, geloofsoortuigings en agtergrond wat hande vat en betrokke raak om mense wat met kanker gediagnoseer is, te ondersteun.

“Shavathon het ‘n gebeurtenis geword wat ten volle ondersteun word deur die grootste verskeidenheid van Suid-Afrikaners denkbaar. Gewone mense het die geleentheid met groot entoesiasme aangegryp omdat dit vir hulle ‘n platform skep om op ‘n baie spesiale en simboliese manier solidariteit te betoon met kankeroorwinnaars en om te help in die stryd teen kanker.

“Shavathon het ook ontwikkel as ‘n gewilde span-bou aangeleentheid. Dit bied aan mense wat graag ‘n bydrae wil maak in die stryd teen kanker, die geleentheid om vrywilligers van KANSA te word,” sê  Lucy Balona, KANSA se Hoof van Bemarking en Kommunikasie. KANSA is Suid-Afrika se voorste nie-winsgewende organisasie wat die stryd teen kanker aanvoor.

KANSA Shavathon se radio-advertensies is in volle swang op radiostasies regoor Suid-Afrika. Rozanne McKenzie, bekende radio- en TV-aanbieder, se stem word vir die 2014 radio-advertensies gebruik en musikante Danny K en Toya Delazy het goedgunstiglik hul stemme, musiek en talent vir KANSA se radio-advertensies beskikbaar gestel.  Elana Afrika, (KANSA Ambassadeur en radio- en TV aanbieder), Ian Bredenkamp (radio-aanbieder), Mark Pilgrim (self ‘n kankeroorwinnaar en radio- en TV-aanbieder) en Marc Lottering (komediant) is maar ‘n paar van talle beroemde en beminde Suid-Afrikaanse TV- en media-persoonlikhede wat hulle tyd en ondersteuning gee om KANSA Shavathon te adverteer.  Sien die pret wat almal gehad het op ‘n onlangse Expresso program!

KANSA Shavathon nooi mense van alle uithoeke van Suid-Afrika uit om deel te neem aan die inisiatief op die een of ander manier.

Torsten Koehler, ‘n kankeroorwinnaar van testikulêre kanker en skrywer van ‘Love Your Nuts’, gee sy alles om Shavathon te ondersteun en om mense bewus te maak van kanker en die vroeë opsporing daarvan; Johan Oschman, ywerige deelnemer aan stampwedrenne, gaan sy baard afsny om solidariteit te betoon aan familielede van hom wat deur kanker geraak is en Stefan Hurter gaan sy poniestert van 22cm laat sny om aan KANSA te skenk  om ‘n pruik te laat maak vir ‘n kankeroorwinnaar wat dit nodig het.

“Elke mens het ‘n eie en spesifieke rede waarom hy of sy betrokke wil wees by KANSA Shavathon en aan Shavathon wil deelneem. Om ‘n kankeroorwinnaar soos Torsten daar te hê om die storie oor sy stryd teen kanker te vertel, is van groot waarde – dit help mense wat met kanker gediagnoseer is en hul geliefdes wat deur kanker geraak is, om te hoor van die wedervaringe van ‘n kankeroorwinnaar wat die stryd teen kanker oorwin het. Dit help om ‘n kragtige boodskap te hoor – vroeë opsporing is van die allergrootste belang. So ‘n boodskap motiveer mense om gereeld vir siftingstoetse te gaan en dit bemoedig mense dat kanker wel oorwin kan word – ook dat die persoon wat met kanker gediagnoseer word, nie alleen is nie,” sê Balona.

Suid-Afrikaners kan hierdie jaar ‘n paar ekstra verrassings by KANSA Shavathon verwag – die bekendstelling van nuwe KANSA ‘Wraps’ met UV beskerming en nuwe en opwindende ontwerpe daarop. Mense kan hierdie ‘Wraps’ by Shavathons koop en dra om te wys hulle ondersteun kankeroorwinnaars. Daar is ook nuwe stensil-vorms wat gebruik gaan word om mense se hare te sproei. Dit sal beskikbaar wees by alle Shavathons – vir mense wat hulle hare wil laat sproei om te wys hulle ondersteun kankeroorwinnaars.

KANSA doen ‘n beroep op almal in Suid-Afrika om KANSA Shavathon te ondersteun. Laat jou hare skeer, sproei of skenk ‘n poniestert by jou naaste winkelsentrum op Saterdag 1 Maart 2014 vir ‘n skenking van R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12 jaar. KANSA ‘Wraps’ word verkoop vir R50 en UV KANSA ‘Wraps’ vir R100.  ‘n Volledige lys van winkelsentrums wat deelneem, kan gevind word by http://www.shavathon.org.za/participating-shopping-centres/

Ondersteuners van Shavathon wat nie op die dag ‘n winkelsentrum kan besoek nie, kan  nog steeds betrokke wees deur ‘n ‘Borgtog Uit”- fooi aanlyn te betaal. Nog ‘n manier om betrokke te raak, is om ‘n skenking te maak om ‘n individuele aktivis te ondersteun.  Jy kan ook korporatiewe deelnemers ondersteun.  Aanlyn fondsinsameling-aktiviste kan registreer en inteken by http://www.shavathon.org.za/raise-funds-online/

KANSA moedig mense aan om deel te neem aan Shavathon-pret op Twitter met hul mees kreatiefste Shavathon selfie, deur die gebruik van die hutsteken (hashtag) #selfieforshavathon. Daar is groot pryse op die spel, sien details hier.

Die 2014 Shavathon Facebook Kompetisie is amptelik van stapel gestuur en eindig op Saterdag, 15 Maart 2014 om 00:00 (12h00 middernag). Kyk na die besonderhede van kompetisie, vereistes, pryse en in-diepte informasie hier.

Om seker te maak jy mis niks oor KANSA Shavathon 2014 nie, besoek ons aanlyn by:

Webwerf:        www.shavathon.org.za of http://www.cansa.org.za

Facebook:       www.facebook.com/CancerAssociationOfSouthAfrica

Twitter:            www.twitter.com/CANSA

About CANSA Shavathon

Read more…

Queries CANSA Shavathon

Click here for contact details…

  • South African Blood Service
  • WAHL Hair
  • newsclip
  • Courier IT
  • Limegreen
  • SABC
  • Primedia
  • 702
  • Cape Talk
  • Kfm
  • Good Hope FM
  • Radio Today
  • Mr Price Radio
  • 947
  • RSG FM
  • SAfm
  • 5FM
  • Lotus FM
  • Metro FM
  • Radio 2000