KANSA se 10de Shavathon – skeer dit, sproei dit, stensil dit… of jel dit!

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) vir vanjaar die tiende KANSA Shavathon en moedig een en almal aan om deel te neem. Shavathon 2013 word aangebied van 25 Februarie tot 2 Maart by die werksplek of by winkelsentrums, waar mense hul hare kan laat skeer, sproei, stensil of vir die eerste keer in 2013 hul hare ook kan laat jel vir ‘n donasie van R50 (R25 vir kinders jonger as 12).

Shavathon was vir die eerste keer in 2003 in die Oos Kaap aangebied om vir mense die geleentheid te skep om solidariteit te betoon en ondersteuning te bied aan diegene wat geraak is deur kanker omdat die verlies van hare ‘n algemene newe-effek van die behandeling van kanker is. As bewys van hul ondersteuning skenk Shavathon-deelnemers ‘n donasie om hul hare te laat skeer of in verskillende kleure te laat sproei. Stensils in die vorm van ‘n ster, skoenlapper, sokkerbal, weerligstraal en die woord “warrior” word gebruik om hare te sproei. Die donasies word deur KANSA gebruik om ‘n diens te lewer aan die publiek en aan alle mense wat geraak word deur kanker.

KANSA het die aftelling na die 10de Shavathon begin deur gasheer te speel vir ‘n mini Shavathon wat onlangs gehou is. Onder die spesiale gaste was die 13-jarige Matthew Moffet, ‘n hoë funksionerende outistiese student. Matthew het sy hare vir ‘n jaar lank gegroei sodat sy hare geskeer kon word as ‘n bewys van sy ondersteuning van kankeroorwinnaars. Matthew se hare is geskeer deur KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte en self ook ‘n kanker oorwinnaar, Sue Janse van Rensburg.

Sizwe Lawrence Ndlovu, Suid-Afrika se Olimpiese goue medalje-wenner vir roei in 2012, het ook die mini Shavathon ondersteun. Sizwe se ma is oorlede aan kanker. “Ek neem deel aan Shavathon tot eer van my ma wat vir my ‘n steunpilaar was. Ek wil seker maak dat ander – veral ander ma’s – bewus word van kanker om ander te help en te ondersteun,” het hy verduidelik.   Besigtig die foto’s hier…

Die korporatiewe wêreld, werkplekke en skole kan hulle steun wys van 25 Februarie – 1 Maart 2013. Registreer en bestel voorraad hier. Die publiek kan ook Shavathon landswyd ondersteun by die naaste winkelsentrum op Saterdag 2 Maart 2013.

Sue Janse van Rensburg sê: “Dit is ons 10de Shavathon en ons daag alle Suid-Afrikaners uit om te wys hulle ondersteun ons en kankeroorwinnaars  in die stryd teen kanker. Ons is opgewonde om vir die eerste keer gekleurde jel bekend te stel vir diegene wat met ‘n meer uitdagende en ‘funky’ haarstyl wil spog.”

Wys ‘virtuele’ ondersteuning – word ‘n aanlyn Kampioen

  • KANSA het ‘n aanlyn platform geskep vir vrywilligers en korporatiewe Suid-Afrika om deel te neem as aanlyn ‘Kampioene’ om fondse in te samel en om ‘n kans te staan om baie pryse te wen.
  • Sluit aan deur op die ‘Like’ knoppie op KANSA se Shavathon Facebook bladsy te klik en volg @Shavathon op Twitter.  Word so deel van KANSA se aanlyn gemeenskap om te help om die boodskap wyd en suid te versprei.
  • Besoek www.shavathon.org.za vandag nog om aan te teken of om ‘n veilige aanlyn skenking te maak.

Janse van Rensburg sluit af, “Elkeen kan deelneem. So, word ‘n vrywilliger, registreer jou maatskappy as gasheer van ‘n Shavathon of registreer as ‘n aanlyn Kampioen en help ons om fondse in te samel. Besoek www.shavathon.org.za vir verdere besonderhede.”

Meer oor KANSA en KANSA Shavathon

  • Dit is die 10de nasionale KANSA Shavathon, waarvan die laaste drie jaar onafhanklik deur KANSA personeel en vrywilligers bestuur is. Die verlies van hare is ‘n algemene newe-effek van kankerterapie. Die simboliese gebaar om jou hare te laat skeer, sproei, stensil of jel is ‘n sigbare bewys dat jy kanker-oorwinnaars ondersteun.  KANSA Shavathon sal gehou word by meer as 300 werkplekke en organisasies op 25 Februarie – 1 Maart, asook by meer as 200 winkelsentrums landwyd op 2 Maart en by sommige sentrums slegs op 3 Maart 2013.
  • Fondse wat ingesamel word, word aangewend vir die verskaffing van uniek geïntegreerde dienslewering aan die publiek en ter ondersteuning van alle mense wat deur kanker geraak word. As ‘n leidende rolspeler in kanker-navorsing  (meer as R6 miljoen word jaarliks bestee), word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat ingewin word deur KANSA se navorsing gebruik om ons gesondheid-programme te hergroepeer en op te gradeer. Dit help ook om ons rol as waghond te versterk tot groter voordeel van die publiek.
  • Ons verreikende gesondheidsprogramme sluit veldtogte in oor voorkoming en behandeling en bied onderrig en opleiding aan, KANSA sorgsentra bied stoma- en limfedeemklinieke aan, mediese toerusting word uitverhuur en ‘n tolvrye nommer bied ondersteuning aan kinders en hul gesinne asook enigeen wat deur kanker geraak word. Kanker-pasiënte word versorg en ondersteun in 11 KANSA Sorgtuistes vir buitestedelike kanker-pasiënte (tuis-weg-van-huis-pasiënte) in die hoof metropolitaanse gebiede, een hospitium (gebaseer  in Polokwane), asook twee CANSA TLC-Tuistes in Pretoria en Limpopo vir ouers/voogde van kinders wat kankerbehandeling ontvang. Lees hoe ons teen kanker veg in jou gemeenskap.
  • Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za, kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Volg KANSA op Twitter: @CANSA of sluit aan by KANSA op  Facebook: CANSA: Fighting cancer in South Africa

 

Navrae KANSA Shavathon

Klik hier vir kontakdetails…

 


  • WAHL Hair
  • newsclip
  • Courier IT
  • Limegreen
  • SABC
  • Primedia
  • 702
  • Cape Talk
  • Kfm
  • Good Hope FM
  • Radio Today
  • Mr Price Radio
  • 947
  • RSG FM
  • SAfm
  • 5FM
  • Lotus FM
  • Metro FM
  • Radio 2000