Is Jy Reg vir KANSA Shavathon?

English Press Release

KANSA se Shavathon veldtog is net ‘n paar dae weg – en word landswyd by meeste winkelsentrums afgeskop op 27 Feb (en 28 Feb by geselekteerde plekke). Shavathon duur voort by korporatiewe maatskappye en besighede gedurende die week van 29 Feb – 4 Maart 2016.

KANSA se Hoof van Volhoubaarheid, Maria Scholtz sê: “In ooreenstemming met tendense, stel ons ‘n vinnige, maklike en veilige betalingsmetode voor – deur die gebruik van SnapScan op sekere plekke (Bethlehem, Bloemfontein, Boland, Kaap Metro, Sentraal Gauteng, Kosmos, Oosrand, Hoëveld, Laeveld, Pretoria, Vaal, Welkom, Weskus en Wes-Gauteng). Geen kontant, geen kaart betalings, maar betaal maklik met jou slimfoon. Dit werk met enige Suid-Afrikaanse bank vir debiet- en kredietkaarte.”

Belangrike info vir Shavathon 2016

Hoe werk Shavathon by Winkelsentrums?

Lede van die publiek gaan na hul naaste winkelsentrum om hulle hare te laat skeer of sproei vir ‘n donasie van R50. Kinders jonger as 12 gee betaal ‘n donasie van slegs R25 (betaal met kontant of SnapScan). Mense wat wil deelneem, registreer eers, teken ‘n vrywaringsvorm en betaal dan die bedrag wat verskuldig is voordat hulle hare geskeer en/of gesproei word. Die proses duur tussen 15 en 60 minute afhangende van hoeveel mense die geleentheid bywoon en hoeveel mense se hare geskeer of gesproei moet word. Lees meer…

Is die kleure van die sproeimiddels wat gebruik word, nie skadelik vir jou nie en sal dit nie vlekke nalaat nie?

Die sproeimiddels is van die kleurstof wat van groente afkomstig is gemaak. Dit vlek nie en kan maklik uitgewas word. Gebruik egter die mantel of handdoek om klere soos ‘n wit hemp te beskerm as terwyl jou hare gesproei word.

Word die hare wat by Shavathons afgesny word, gebruik om pruike te maak?

Slegs hare wat langer is as 25cm word gebruik – die ander hare word weggegooi. Hare wat gekleur of gebleik is, kan ook geskenk word, maar hare wat skoon gewas is en vry is van chemiese behandeling is meer geskik omdat dit ‘n pruik van beter kwaliteit sal lewer. “Dreadlocks” kan nie gebruik word nie. Lees meer…

Hoekom word mense se koppe nie kaal geskeer by ‘n KANSA Shavathon nie?

Die kortste wat ons hare skeer, is ‘n nommer 1 kam. Dit verminder die risiko van kepe of snye aan die kopvel. KANSA moedig mense aan om SonSlim te wees, so ons wil nie jou kop kaal skeer sodat jy in gevaar staan om deur die son gebrand te word of om jou kopvel deur die son te beskadig nie. Jy kan kies of jy jou hare in ‘n nommer 2 – 4 kam te laat skeer of jy kan jou hare laat sproei en tussen ‘n verskeidenheid van vorms, patrone en kleure kies.

Waarvoor word die geld gebruik?

Fondse wat ingesamel word, help KANSA om navorsing te doen met ‘n kernfokus op vroeë diagnose en die vermindering van kankerrisiko. Dit help ook om ‘n verlaging van kankerrisiko te bevorder deur middel van onderrig en vroeë opsporingsprogramme. Fondse word ook gebruik om sorg en ondersteuning aan almal wat deur kanker geraak word te bied. Vind meer inligting hier…

Op watter sosiale media platforms kan ek Shavathon volg?

Shavathon maak gebruik van die meeste sosiale netwerkplatforms. Deel jou Shavathon ervarings, laai jou foto’s en video’s op en gebruik die hutssleutel #CANSAShavathon. Besoek www.shavathon.org.za en bly in verbinding.

  • Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa,
  • Twitter: @CANSA https://twitter.com/CANSA
  • YouTube: Cancer Association of South Africa http://www.youtube.com/user/can1000sa
  • Instagram: @CancerAssociationOfSouthAfrica www.instagram.com/CancerAssociationOfSouthAfrica

“Word deel van KANSA Shavathon – dis ‘n manier om en ondersteuning te wys aan diegene wat tans teen kanker veg, en ook om diegene te onthou wat hulle geveg verloor het. Baie dankie aan al ons vrywilligers wat hulle tyd gee, ons sien uit daarna om tyd saam met hulle te spandeer,” sluit Scholtz af.


  • WAHL Hair
  • newsclip
  • Courier IT
  • Limegreen
  • SABC
  • Primedia
  • 702
  • Cape Talk
  • Kfm
  • Good Hope FM
  • Radio Today
  • Mr Price Radio
  • 947
  • RSG FM
  • SAfm
  • 5FM
  • Lotus FM
  • Metro FM
  • Radio 2000