Persvrystelling: Gaan kaalkop en kleurvol vir KANSA

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) vier meer as 80 jaar van diens en is steeds volstoom aan die gang – alles is gerat vir hul 9de jaarlikse Shavathon. Jy kan enigiemand wat ooit deur kanker geraak is ondersteun deur deel te neem aan Shavathon van 1 – 4 Maart 2012.

“Ons wil graag almal bedank, veral ook ons vrywilligers, wat verlede jaar deelgeneem het by 250 winkelsentrums en by 220 werksplekke om R7.1 miljoen in te samel sodat KANSA kan voortgaan om ons diens aan die gemeenskap te lewer en kankeroorwinnaars te ondersteun,” sê KANSA se Hoof van Sake-ontwikkeling, Rachel Wall.

Read English media release here.

KANSA moedig maatskappye en individue aan om te help om ‘n verskil te maak deur hulle hare te laat skeer of te laat kleurspuit in ‘n verskeidenheid van kleure en daardeur kankeroorwinnaars deur ‘n R50 skenking (of R25 vir kinders onder 12) te ondersteun. Maatskappye kan registreer en benodigdhede bestel om ‘n Shavathon op 1 en 2 Maart by hul werkspersele aan te bied. Mense kan ook verder op 3 en 4 Maart 2012 by hulle naaste winkelsentrum deelneem. Deelnemers kan hulle hare laat kleurspuit met stensils in die vorm van ‘n ster, skoenlapper, blom, sokkerbal, weerligstraal of die woord ‘warrior’.

Nuut vir die KANSA 2012 Shavathon is ‘n aanlyn platform vir vrywilligers en Suid-Afrikaanse maatskappye om deel te neem as aanlyn ‘kampioene’ deur fondse te in en pryse te wen – neem deel deur die ‘like’ knoppie op ons Facebook te kliek by www.facebook.com/CANSAShavathon. Neem deel aan KANSA se aanlyn-gemeenskap, volg ons op Twitter: @Shavathon en verkondig die woord ver en wyd. Besoek www.shavathon.org.za om vandag nog in te skryf of maak ‘n veilige aanlyn-skenking.

Wall sluit af deur te sê “KANSA se Shavathon is een van die land se mees aangrypende openbare geleenthede waar mense uit verskillende gemeenskappe en onder verskillende omstandighede kan deelneem. Ons sien uit na die Suid-Afrikaanse gemeenskap se ruimhartige deelname hieraan in 2012 – ‘n baie simboliese wyse om ondersteuning aan kankeroorwinnaars te betoon.”

Besoek http://www.shavathon.org.za/faq/ of skakel 0800 22 66 22 tolvry vir meer inligting oor hoe om deel te neem.

KANSA Shavathon Vennote

SABC 2 – CSI media vennoot, Wahl Clipper, Warehouse & Courier IT  Academy Brushware, Newsclip Media Monitering en Limegreen Online Design.

Omtrent KANSA en die KANSA Shavathon

  • Dis die 9de nasionale KANSA Shavathon wat onafhanklik deur KANSA personeel en vrywilligers bestuur word. Om jou hare te verloor is ‘n algemene newe-effek van kankerterapie – daarom is die skeer van hare ‘n simboliese gebaar van ondersteuning aan kankeroorwinnaars. Om jou hare te kleurspuit is ‘n alternatiewe opsie vir diegene wat nie hulle hare wil laat skeer nie. KANSA Shavathon word by meer as 300 werksplekke en organisasies op 1 en 2 Maart gehou, en by meer as 200 winkelsentrums op 3 en 4 Maart 2012.
  • KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en aan almal wat deur kanker geraak word. As voorste rolspeler in kankernavorsing (meer as R6 miljoen word jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindings en kennis deur ons navorsing ingewin aangewend om ons gesondheidsprogramme te rig en ons waghondfunksie te versterk.
  • Ons verreikende gesondheidsprogramme sluit voorkomings- en bewusmakingsveldtogte in. KANSA Sorgsentrums sluit stoma en limfedeem klinieke in, mediese toerustinghuur, tolvry lyn en ondersteuning aan kinders en hulle gesinne wat deur kanker geraak word. Pasiëntsorg en – ondersteuning word by wyse van die 13 KANSA Sorgtuistes in die groot metropolitaanse gebiede en ‘n hospitium (in Polokwane) vir plattelandse pasiënte aangebied, asook KANSA se TLC Lodge vir verblyf vir die ouers van pediatriese onkologie-pasiënte.

(Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of www.shavathon.org.za of skakel KANSA tolvry op 0800 22 66 22, of e-pos: info@cansa.org.za)



  • WAHL Hair
  • newsclip
  • Courier IT
  • Limegreen
  • SABC
  • Primedia
  • 702
  • Cape Talk
  • Kfm
  • Good Hope FM
  • Radio Today
  • Mr Price Radio
  • 947
  • RSG FM
  • SAfm
  • 5FM
  • Lotus FM
  • Metro FM
  • Radio 2000