Almal Aan Boord vir Shavathon 2015

English Press Release

19 Februarie 2015 – KANSA het 12 jaar gelede hul eerste KANSA Shavathon aangebied en vanjaar in 2015 is die geleentheid gewilder as ooit tevore – met mans, vrouens, kinders, versorgers, kankeroorwinnaars en mense wie se lewens persoonlik deur kanker geraak is, wat hande vat en die landswye KANSA Shavathons ondersteun – elkeen vir sy of haar eie rede.

Wanneer mense op Saterdag, 28 Februarie 2015 by hul plaaslike inkopiesentrum en op 1 Maart by uitgesoekte KANSA Shavathons bymekaarkom, sal hulle die geleentheid kry om hulle hare te laat skeer, hul poniesterte te skenk (25cm in lengte, wat gebruik sal word om pruike te maak vir kankerpasiënte in nood), ‘n KANSA “wrap” te koop of om hulle hare te laat sproei.

Sproei die Kinders se Hare – Nuwe Prettige Tekenpatrone

“Shavathon is ‘n jolige manier om betrokke te raak in die stryd teen kanker”, sê Elize Joubert, waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA. “Neem deel aan die pret en laat jou hare skeer, sproei, “wrap” of skenk jou hare. Ons het ‘n hele reeks nuwerwetse en prettige tekenpatrone ontwerp wat gebruik sal word vir oud en jonk wat hulle hare wil laat sproei. Die kleurstof van die haarsproei is van groente-ekstrak gemaak en is veilig om te gebruik. Die kleurstof kleef net vir ‘n dag aan hare vas en was maklik uit. Ons moedig mense aan om hul kollegas, familie en vriende te oortuig om almal deel te word van Shavathon 2015.”

Blood Drive postSkenk Vanjaar Bloed by Shavathon

By sekere Shavathon-geleenthede gaan KANSA vanjaar ook terselfdertyd vir mense die geleentheid bied om bloed te skenk.

“Meer as 26% van bloedskenking word gebruik vir die behandeling van kankerpasiënte en ander terminale siektes, so dit is belangrik dat ons saamwerk om mense wat kanker het, te ondersteun,” sê Vanessa Raju, Kommunikasie Bestuurder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD). Klik hier om uit te vind by watter Shavathons bloed geskenk kan word.

Radio Snitte

Die publiek sal landswyd op hoogte gehou word met aankondigings oor die radio. Onthou gerus om op die radio ingeskakel te bly om meer inligting te bekom. Die stemme wat landswyd oor die radio gehoor sal word, is Rozanne McKenzie (radio- en TV-persoonlikheid) en die talentvolle 9-jarige Laila Mackay. Op die maat van ‘n Trots Suid-Afrikaanse klank, sal die snitte van Casper Nyovest se treffer ‘Alive’ en Stefan Dixon se ‘Over and Over’ tydens Shavathon 2015 gehoor word.

Die koste beloop R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12 jaar om deel te wees van Shavathon. Alle fondse wat ingesamel word, word gebruik vir die sorg- en ondersteuningprogramme wat KANSA hoofsaaklik by KANSA Sorgsentrums aanbied vir diegene wat deur kanker geraak word. “Ons KANSA Sorgsentrums bied ondersteuning aan kankerpasiënte, hul gesinslede asook enigiemand wat meer inligting oor kanker wil bekom,“ sê Joubert.

GlobeflightGlobeflight Daag Korporatiewe Maatskappye Uit om Shavathons te Hou

Talle werksplekke regoor die land gaan Shavathon ondersteun deur Shavathons by die werksplek tussen 2-6 Maart aan te bied. Globeflight sal korporatiewe Shavathons op 20 Februarie 2015 afskop en sal gasheer wees by 17 van hul takkantore landswyd sowel as ‘n Shavathon in beide Swaziland en Tanzanië.

“Ons was vir die afgelope paar jaar nou betrokke by KANSA Shavathon en het tot die besef gekom dat ons almal in staat is en dat dit maklik is om kankerpasiënte deur middel van ons deelname aan Shavathon te help. Deur jou hare te laat skeer of te sproei, wys jy dat jy mense wat deur kanker geraak word, ondersteun. Ons het op 20 Februarie die bal afgeskop en ander korporatiewe maatskappye uitgedaag om ons te help om ‘n verskil te maak,” sê Jo-Anne Grace, Direkteur van Bemarking van Globeflight.

Join as Online ChampHoe Kan Jy Betrokke Raak?

  • Sluit by ons aan by een van ons Shavathon geleethede wat in winkelsentrums landswyd aangebied word
  • Jy kan ook ‘n vrywilliger word en ons by ‘n Shavathon geleentheid kom help
  • Word ‘n gasheer van ‘n Shavathon by jou werksplek tussen 2-6 Maart 2015 en daag jou kollegas uit om saam te kom help om Shavathon 2015 onvergeetlik te maak
  • Word ‘n aanlyn aktivis deur fondse aanlyn in te samel – KANSA se aanloklike pryse vir aanlyn kampioene is beslis die moeite werd. Enigeen wat registreet om fondse namens KANSA in te samel, staan ‘n kans om ongelooflike pryse en geleenthede te wen. Hierdie pryse sluit in: ‘n studiosessie saam met Daniel Baron, ‘n geleentheid om Mark Haze agter die verhoog te ontmoet en oornag verblyf vir twee by die Protea Hotel Fire & Ice! by Melrose Arch – meer besonderhede pryse…
  • Neem deel aan KANSA se sosiale media kompetisies en wen fantastiese pryse – ‘n naweek in die Commodore Hotel in die V&A Waterfront in Kaapstad sowel as ander opwindende pryse en geskenkpakke is ook op die spel – meer besonderhede pryse…

Leave a Comment

Please note: Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.



  • WAHL Hair
  • newsclip
  • Courier IT
  • Limegreen
  • SABC
  • Primedia
  • 702
  • Cape Talk
  • Kfm
  • Good Hope FM
  • Radio Today
  • Mr Price Radio
  • 947
  • RSG FM
  • SAfm
  • 5FM
  • Lotus FM
  • Metro FM
  • Radio 2000