KANSA sê dankie!
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) wil alle Suid-Afrikaners bedank vir hulle bydrae om Shavathon 2012 so ‘n groot sukses te maak. Dankie om in so ‘n grootse en onvergeetlike manier saam te staan in die geveg teen kanker deur jou hare te skeer of te spuit by KANSA se 9de jaarlikse Shavathon. Al die fondse wat KANSA se Shavathon 2012 ingesamel het sal in die geveg teen kanker gebruik word deur KANSA se Hoofkantoor en al nege provinsies. Die geld wat so mildelik geskenk is help KANSA om aan te hou om dienste in die gemeenskap te lewer en kankeroorwinnaars te ondersteun. View the Thank you video featuring Freshlyground and cancer survivors:
“KANSA wil graag die publiek, skole, winkelsentra en besighede wat aan hierdie lewensveranderende inisiatiewe deelgeneem het, bedank,” sê Rachel Wall, KANSA se Hoof: Besigheidsontwikkeling. “Ons is baie dankbaar dat soveel meer besighede in vanjaar se Shavathon deelgeneem het en ons hoop om hierdie rekord volgende jaar weer te breek.”
Vir die eerste keer in ‘n Shavathon het KANSA ‘n aanlynplatform geloods waar vrywilligers en besighede in Suid-Afrika kon deelneem as aanlynkampioene deur fondse in te samel. Sharks rugbyspeler Ross Skeate en kankeroorwinnaar Charmaine Stumke is twee van die kampioene wat onderneem het om hulle hare af te skeer sodra hulle hul teikens bereik het. “Dankie aan elke deelnemer op hierdie aanlynplatform – mense kan steeds hulle ondersteuning betoon deur ‘n bydrae te maak om ons kampioene te help om die dringend-benodigde fondse te in om die geveg teen kanker voort te sit,” voeg Wall by.
Met die 2012 Shavathon is:
- Meer as 70 000 blikkies kleurstof gebruik.
- Meer as 1 600 haarknippers gebruik by werks- en openbare plekke.
- Meer as 400 werksplekke en organisasies betrokke gewees.
- Meer as 300 winkelsentra in Suid-Afrika betrokke gewees in die Shavathon om kanker te help beveg.
KANSA wil alle borge en vennote van harte bedank. SABC 2, ons CSI media vennoot en ons toegewyde verskaffers Wahl Knippers, Warehouse & Courier IT, Academy Brushware, Newsclip Media Monitoring en Limegreen Online Design en ander media vennote, asook almal wat produkte of dienste teen afslagpryse gelewer of skenkings gemaak het. Baie dankie aan die bekende Suid-Afrikaanse musiekgroep Freshlyground om KANSA toe te laat om hulle musiek gratis vir hulle Shavathonadvertensies op radio en TV te gebruik en deel te neem aan Shavathon 2012 deur hulle hare met al die kleure van die reënboog te laat kleur.
Wall eindig deur te sê: “Deur nou aanlyn te gaan kan jy aanhou om KANSA te ondersteun deur fondse vir ons aanlynkampioene te in tot einde April. 56 Aanlynkampioene het reeds naby aan R100 000 geïn, maar met ‘n teiken van R500 000 benodig ons die hulp van elke Suid-Afrikaner. Met jou bydrae sal KANSA in staat wees om meer kankeroorwinnaars by ons KANSA Versorgingsentra te ondersteun en aanhou om ons lewensreddende dienste in die gemeenskap te lewer.”
Omtrent KANSA
KANSA bied ‘n uniek geïntegreerde diens aan die publiek en aan almal wat deur kanker geraak is. As die voorste rolspeler in kankernavorsing (meer as R6 miljoen) word jaarliks spandeer), word die wetenskaplike bevindinge en kennis opgedoen deur ons navorsing aangewend om ons gesondheidsprogramme te rig en ons waghondfunksie tot groter voordeel van die publiek uit te brei.
Ons verreikende gesondheidsprogramme sluit in die voorkoming en opvoedkundige programme, KANSA Versorgingsentra wat stoma en limfedeemklinieke insluit, mediese toerusting huur, tolvry lyne en ondersteuning aan kinders wat deur kanker geraak is en hulle gesinne. Pasiëntsorg en ondersteuning by een van die 13 KANSA Sorgsentra in die groot metropolitaanse gebiede en een hospitium (in Polokwane) vir plattelandsee kankerpasiënte asook KANSA TLC Verblyf vir pediatriese onkologie pasiënte.
(Vir media inligting skakel asseblief Lucy Balona, Uitvoerende Bestuurder: Bemarking en Kommunikasie by KANSA of e-pos: lbalona@cansa.org.za, skakel 011 616 7662 of sel: 082 459 5230. Of besoek www.cansa.org.za of skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22, of e-pos: info@cansa.org.za).





















Call us TOLL FREE
0800 226622