Gister, Vandag en Môre – 80 jaar van ondersteuning aan kankeroorlewendes in Suid-Afrika

Link to English press release

Vanjaar word die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) 80 jaar oud. KANSA se agtste Shavathon vind ook van 3 – 5 Maart 2011 plaas. Verlede jaar se Shavathon was ‘n dawerende sukses danksy die duisende Suid-Afrikaners wat by hulle skole, werksplekke en winkelsentra landswyd hulle solidariteit met kankeroorwinnaars betoon het.

“Ons vertrou dat Shavathon 2011 sal bydra om mense te verenig in die stryd teen kanker en sodanige fondse te in dat ons kan voortgaan om kankeroorwinnaars en diegene wat deur kanker geraak word, te ondersteun,” sê Sue Janse van Rensburg, KANSA se HUB en self ‘n kankeroorwinnaar van 27 jaar.

In reaksie op die oorweldigende ondersteuning in 2010, sal Shavathon 2011 ‘n ekstra korporatiewe-Shavathondag op Donderdag 3 Maart hê. Dit word voortgesit op Vrydag
4 Maart en die publiek kan op Saterdag 5 Maart by hulle naaste winkelsentrum deelneem.

“Shavathon is ‘n baie publieke vertoon van Suid-Afrikaners se ondersteuning aan kankeroorwinnaars. Deur ons hare op hierdie geleentheid te skeer of te laat kleur-spuit, toon ons ons ondersteuning vir en vier die lewe met kankeroorwinnaars en bring ons ook geliefdes wat hulle lewens deur kanker verloor het, in herinnering,” voeg Van Rensburg by.

Suid-Afrikaners dwarsdeur die land, familie en vriende, werksplekpersoneel, besoekers, kliënte en verskaffers kan op 3 – 5 Maart vir ‘n R50 skenking hulle hare laat skeer of in ‘n groot verskeidenheid van kleure laat spuit om daardeur hulle solidariteit met ‘n kankeroorwinnaar te bewys. Vir kinders onder 12 kos dit slegs R25. Skenkings kan ook namens familie en vriende verkry word om daardeur by te dra tot fondse vir KANSA se verreikende dienste wat insluit voorkomings- en onderrigprogramme, pasiëntsorg en –ondersteuning deur 12 tussentuistes vir plattelandse kankerpasiënte in die hoof metropolitaanse gebiede, ondersteuningsentra waar stoma- en limfedeemklinieke aangebied word, verhuring van mediese toerusting, tolvrylyn en ondersteuning aan kinders en hulle gesinne wat deur kanker geraak is.

Donderdag en Vrydag (3 en 4 Maart) word daar gefokus op interne korporatiewe geleenthede, terwyl publieke Shavathons landswyd by winkelsentrums op Saterdag 5 Maart gehou sal word.

Vir diegene wat graag deel wil wees van hierdie stryd teen kanker, maar nie die skeer- of kleurgebeure op een van hierdie dae kan bywoon nie, kan ‘n aanlyn-skenking van minstens R50 gemaak  word deur KANSA se webwerf te besoek en op die ‘bail-out fee‘ onder Shavathon te kliek. KANSA se unieke en geïntegreerde diens word moontlik gemaak deur skenkings en deur jou deelname aan KANSA Shavathons in jou gemeenskap.

Besoek asseblief www.shavathon.org.za vir die jongste inligting en om jou werksplek se Shavathon te registreer en om die nodige haarknippers, blikke haar kleursel en dies meer voor 23 Februarie 2011 te bestel. Lees meer op Shavathon se Facebook bladsy. Jy kan ook KANSA se Shavathon ondersteun deur dit op 5 Maart 2011 by jou naaste winkelsentrum by te woon. Vir meer inligting skakel asseblief Margie Laubscher op 011 616-7662 of e-pos shavathon@cansa.org.za – Help ons om kanker te beveg op die Shavathon-manier!

KANSA Shavathonvennote

Eerste Nasionale Bank Vrywilligergroep, SABC 2 – KSB (Korporatiewe Sosiale Beleggings) media vennoot, Wahl knippers, Dawn Wing koeriers, ‘Newsclip Media Monitoring’ en ‘Limegreen Online Design’.

Omtrent KANSA en die KANSA Shavathon

  • Dis die 8ste nasionale KANSA Shavathon en word onafhanklik deur KANSA personeel en vrywilligers bestuur. Haarverlies is ‘n baie algemene newe-effek van kankerterapie – derhalwe dat die skeer van hare ‘n simboliese gebaar geword het van ondersteuning van kankeroorwinnaars. Om hare te kleur het ‘n opsie geword vir diegene wat verkies om nie hulle hare te skeer nie. KANSA Shavathon word in meer as 300 werksplekke en organisasies op 3 en 4 Maart en in 200 winkelsentra op 5 Maart 2011 gehou.
  • KANSA se doel is om die voortou te neem in Suid-Afrika in die stryd teen kanker deur ‘n unieke en geïntegreerde diens te verleen aan die publiek en aan almal wat deur kanker geraak word. As die voorste rolspeler in kankernavorsing (meer as R4,5 miljoen word jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis opgedoen deur ons navorsing, aangewend om ons gesondheidsprogramme te rig en ons waghondfunksie tot groter voordeel van die publiek op te skerp.
  • KANSA het meer as 350 personeellede, 12 000 vrywilligers, 60 kantore en 13 tussentuistes in die hoofstede om plattelandse kankerpasiënte tydens behandeling te huisves. KANSA bedryf ‘n tolvry inligtingsdiens gedurende kantoorure op 0800 22 66 22. KANSA stel ook gratis kankerhanteringsbrosjures in Afrikaans, Engels, seSotho en isiZulu beskikbaar. KANSA benodig vrywilligers in alle gemeenskappe om hulle dienste beskikbaar te stel aangesien die voorkoms van kanker aan die toeneem is en meer Suid-Afrikaners benodig word om aktief in die stryd teen kanker deel te neem.

Navrae KANSA

Vir meer inligting skakel asseblief Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA of e-pos: lbalona@cansa.org.za of skakel 011 616-7662 of selfoon: 082 459-5230 OF besoek www.cansa.org.za of skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 e-pos: info@cansa.org.za

Comments are closed.


Facebook twitter CANSA Shavathon RSS

Call us TOLL FREE
0800 226622

Email us