12de Jaarlikse KANSA Shavathon gaan van Krag tot Krag

English Press Release…

Shavathon poster cropped19 Januarie 2015 – KANSA het 12 jaar gelede hul eerste KANSA Shavathon aangebied en vanjaar in 2015 is die geleentheid gewilder as ooit tevore – met mans, vrouens, kinders, versorgers, kankeroorwinnaars en mense wie se lewens persoonlik deur kanker geraak is, wat hande vat en die landswye KANSA Shavathons ondersteun – elkeen vir sy of haar eie rede.

Wanneer mense Saterdag 28 Februarie 2015 by hul plaaslike inkopiesentrum en op 1 Maart by uitgesoekte KANSA Shavathons bymekaar kom, sal hulle die kans kry om hulle hare te laat skeer, hul poniesterte te skenk (25cm in lengte, wat gebruik sal word om pruike te maak vir kankerpasiënte in nood) , ‘n KANSA “wrap” te koop of om hulle hare te laat sproei.

Wat is Nuut?

Met 70% van KANSA Shavathon se ondersteuners wat gesinslede en kinders is, het KANSA ‘n reeks nuwerwetse en prettige tekenpatrone ontwerp, wat gebruik sal word vir oud en jonk wat hulle hare wil laat sproei. Die kleurstof van die haarsproei is gemaak van groente-ekstrak en is veilig om te gebruik. Die kleurstof kleef net vir ‘n dag aan hare vas en was maklik uit.

Die koste beloop R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12 jaar om deel te wees van Shavathon. Alle fondse wat ingesamel word, word gebruik vir die sorg- en ondersteuningprogramme wat KANSA hoofsaaklik by KANSA Sorgsentrums aanbied.

“Shavathon is ‘n jolige manier om betrokke te raak in die stryd teen kanker”, sê Elize Joubert, waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA. “Neem deel aan die pret en laat jou hare skeer, sproei, “wrap” of skenk jou hare. Ons moedig mense aan om hul kollegas, familie en vriende te oortuig om almal deel te word van Shavathon 2015.”

KANSA Shavathon se Publieke Diens Aankondigings sal landswyd op die radio gehoor kan word, so onthou gerus om by die radio ingeskakel te bly om meer inligting te bekom. Die stemme wat landswyd oor die radio gehoor sal word, is Rozanne McKenzie (radio- en TV-persoonlikheid) en die talentvolle 9-jarige Laila Mackay. Op die maat van ‘n Trots Suid-Afrikaanse klank, sal die snitte van Casper Nyovest se treffer ‘Alive’ en Stefan Dixon se ‘Over and Over’ tydens Shavathon 2015 gehoor word. Luister na die snitte…

Hoe Kan Jy Betrokke Raak?

  • Sluit by ons aan by een van ons openbare Shavathons wat in winkelsentrums landswyd aangebied word.
    Jy kan ook ‘n vrywilliger word en ons by ‘n Shavathon geleentheid kom help
  • Word ‘n gasheer van ‘n Shavathon by jou werkplek tussen 2-6 Maart 2015. Besoek die Shavathon webwerf om jou maatskappy te registreer en daag jou kollegas uit om saam te kom help om Shavathon 2015 onvergeetlik te maak
  • Word ‘n aanlyn aktivis deur fondse aanlyn in te samel – KANSA se aanloklike pryse vir aanlyn kampioene is beslis die moeite werd. Enigeen wat aanteken om fondse namens KANSA in te samel, staan ‘n kans om ongelooflike pryse en geleenthede te wen. Hierdie pryse sluit in: ‘n studiosessie saam met Daniel Baron, ‘n geleentheid om Mark Haze agter die verhoog te ontmoet, die geleentheid om saam met Mark Pilgrim sy radioprogram aan te bied op Hot 91.9 FM en oornag verblyf vir twee by die Protea Hotel Fire & Ice by Melrose Arch.
  • Wees op die uitkyk vir inligting op KANSA se sosiale media platforms Facebook,  Twitter en Instagram. ‘n Naweek in die Commodore Hotel in die V&A Waterfront in Kaapstad sowel as ander opwindende pryse en geskenkpakke is ook op die spel

“Alle fondse wat deur Shavathon ingesamel word, help KANSA om voort te gaan met die lewering van ons sorg- en ondersteuningprogram vir die persone wat deur kanker geraak word. Ons KANSA Sorgsentrums bied ondersteuning aan kankerpasiënte, hul gesinne en enige persoon wat meer oor die siekte wil weet,” sê Joubert.

Om seker te maak jy mis niks oor KANSA Shavathon 2015 nie, besoek www.shavathon.org.za of wees op die uitkyk vir nuusflitse op KANSA se sosiale media platforms. Lees e-nuusbriewe hier…


  • WAHL Hair
  • newsclip
  • Courier IT
  • Limegreen
  • SABC
  • Primedia
  • 702
  • Cape Talk
  • Kfm
  • Good Hope FM
  • Radio Today
  • Mr Price Radio
  • 947
  • RSG FM
  • SAfm
  • 5FM
  • Lotus FM
  • Metro FM
  • Radio 2000